|
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur
Huisgenoot se wenresepte bevat die soort resepte wat ‘n mens afskryf nadat jy die geregte by jou ma, ‘n vriendin of ‘n buurvrou te ete gekry het, en wat ander dan weer by jóu afskryf nadat jy hulle daarop getrakteer het. Dis betroubare, alledaagse resepte, met gewoonlik ‘n interessante kinkel by om die geregte in iets buitengewoons te verander. Huisgenoot se wenresepte is ‘n keur van die heel lekkerste resepte wat sedert 1977 in Huisgenoot verskyn het. Die meeste resepte kom van die lesers self. Daar is staatmaker-resepte vir ontbyt, middag- en aandete, asook gunstelinge vir die teetafel. Huisgenoot se wenresepte gaan ongetwyfeld jou beste vriend in die kombuis word - selfs al kan jy nou net ‘n eier kook! Al die resepte is maklik, volledig en duidelik uiteengesit en deeglik beproef.
Die gewilde Huisgenoot wenresepte sluit die volgende boeke in:

Huisgenoot se wenresepte 1 - Deur Annette Human
Hierdie boek is ook in Engels as Winning Recipes 1 from Huisgenoot, beskikbaar.
Inhoud:
- Werd om te weet
- Wat kook ek vandag?
- Ontbytgeregte
- Brood, beskuit, bolletjies, vetkoek en skons
- Sop
- Visgeregte
- Slaai en slaaisouse
- Groentegeregte
- Vleislose hoofgeregte en pasta
- Hoofgeregte, terte, pasteie en pizzas van maal- of blikkiesvleis
- Bees-, skaap- en varkvleishoofgeregte
- Hoendergeregte
- Warm poedings
- Koue poedings
- Soet terte
- Groot koeke, koelkaskoeke en vrugtebroodjies
- Klein koekies, koelkaskoekies en soet skywe
- Southappies en peuselkos
- Indeks



Huisgenoot se wenresepte 2 -Deur Annette Human

Inhoud
- Ons daaglikse brood
- Ontbyt met aptyt
- ‘n Pot vol sop
- Lig en lekker
- Laat waai met slaai
- Groente sonder gedoente
- Van vis ‘n koningsdis
- Vleis, ons lekkerste spys
- Wat is daar vir poeding?
- Tert is die moeite werd
- ‘n Fees van groot koeke
- Klein koekie en soetgoedjies
- Dranke vir die dorstiges
- O wee, wat skort hiermee?
- Wat is...? Hoeveel is...?
- Register
239 bladsye se resepte met kleur foto’s
Voorwoord Hoe sê jy aan duisende mense dankie dat hulle gehelp het om Huisgenoot se Wenresepte 2 moontlik te maak? Al manier waaraan ek kon dink, is om hierdie boek op te dra aan elk en ieder wat bereid was om hul beste resepte deur middel van Huisgenoot met ander te deel. Hierdie boek is dus nie Huisgenoot se resepteboek of myne nie, maar ons almal s’n. Die resepte is ‘n splinternuwe keur van die lekkerste wat sedert April 1981 in die weeklikse kosartikels en die kosrubriek Wenresepte verskyn het; dit sluit ook Ster-resepte in. Dié boek volg op Huisgenoot se Wenresepte wat resepte van 1979 af tot Maart 1981 bevat. In die nuwe Wenresepte 2 verskyn geen resepte uit die eerste wenresepteboek nie. Die resepte wissel weer eens van stokou familiegunstelinge tot moderne kitsresepte wat in ‘n oogwink kant en klaar is. E.P. du Plessis, Huisgenoot se hoofsub-redakteur en by die redaksie beter bekend as Doep, het my eenkeer gevra: Mag ‘n mens jou werk so baie geniet? Dit was ná ek my verkneukel het in ‘n briefie by ‘n resep en hy kom ondersoek instel het hoekom ek so op my eentjie kliphard sit en lag. Ek sê ‘n tweede keer dankie, die keer dat u almal dit so aangenaam maak om met die resepte te werk. My derde en laaste dankie gaan aan Niel Hammann, Huisgenoot se redakteur (of die groot genoot, soos ons hom noem). Hy besnoei nooit aan die kosartikels en -rubrieke nie. As ek hierdie boek nie reeds aan al ons resepte-medewerkers opgedra het nie, het dit aan hom gegaan. Ek hoop die plesier wat ek in die saamstel van Huisgenoot se Wenresepte 2 gehad het, slaan deur tot by u en dat u net lekker kos uit hierdie boek sal maak, maak nie saak waar u dit oopslaan nie. Annette Human Vroueredaktrise Maart 1984




Huisgenoot wenresepte 3 - Deur Annette Human Eerste druk was in 1987. Die resepteboek bevat 345 resepte en 128 (deurgans) kleurfoto’s
Inhoud:
- Broodnodige baksels
- Maklike ligte maaltye
- Sop sonder sukkel
- Geurige groente
- ‘n Slag met slaai
- Bottel en Bêre
- Alle soorte souse
- Vaardig met vis
- Voedsame vleis
- Puik poedings
- Trefferterte
- Gesogte groot koeke
- Keurige klein koekies
- Drinkgoed en lekkergoed
- Smaaklike southappies
- Register van resepte

Annette Human is die skryfster van verskeie uiters suksesvolle kookboeke soos Geskenkresepte (Kitchen gifts) en Basaarwenners asook Uitsoekresepte. Sy is ook medeskryfster van Partytjies is pret (Parties are fun). Aan die einde van 1987 het sy ‘n ere-Cordon Bleu-toekenning ontvang vir haar bydrae tot die Suid-Afrikaanse koskultuur.



Huisgenoot wenresepte 4 - Deur Carmen Niehaus
Vier jaar na die derdeboek- Huisgenoot wenresepte 3 - het die vierde boek in die reeks verskyn. Tot op hierdie stadium was daar al meer as 700 000 eksemplare van die vorige boeke verkoop.
Huisgenoot se wenresepte 4 volg die beproefde wenpatroon van sy voorgangers: gunsteling-resepte van lesers oor die hele land, elkeen wat splinternuut en met die “getoets deur Huisgenoot”-stempel wat verseker dit werk. Boonop bied hierdie nuutste treffer meer - nie net ‘n opwindende verskeidenheid resepte vir die beginner en die ervare kok nie, maar ook talryke nuttige kookwenke en koswenke sowel as praktiese kombuisadvies.
Die boek is ook in Engels as “YOU Let’s Cook 1” verkrygbaar
Inhoud:
- Erkennings
- Voorwoord
- ‘n Skeppie sop en ander voorgeregte
- Kraakvars slaaie
- Ons topvleisdisse
- Voedsame vis
- Geurige groente
- Kits en klaar
- Eenskottelgeregte en pasta
- Heerlike poedings (koud en warm)
- Spoggerige groot koeke
- Smaaklike terte (soet en sout)
- Bak ‘n broodjie, koekies of beskuit
- Soutigheidjies en peuselgoedjies
- Iets vir die suikertand (soetigheid, lekkers en drankies)
- Register




Huisgenoot wenresepte 5 - Deur Carmen Niehaus ‘n Splinternuwe keur van 330 maklike en ekonomiese resepte met deurgans volkleur foto’s - sommige stap-vir-stap. Daar is ook praktiese kombuisadvies vir die onervare kokke asook kookwenke wat werk! Eerste uitgawe van die boek was in 1993
Huisgenoot se ongelooflike suksesvolle Wenrepte-boekereeks het geen bekendstelling nodig nie - hiervan is ide bewys dat sedert die eerste wenresepte boeke in 1981 is daar altesaam van die vorige vier boeke meer as 935 000 eksemplare verkoop. Hierdie vyfde boek volg die beproefde wenpatroon van sy voorgangers : gunsteling-resepte van lesers oor die hele land, elkeen wat splinternuut en met die “getoets deur Huisgenoot”-stempel wat verseker dit werk.
Die boek is ook in Engels beskikbaar as “YOU Let’s cook 2”
Inhoud:
- Nuttig om te weet
- Voorwoord
- Sop en voorgeregte
- Vis en seekos
- Vleis op sy beste
- Ander lekker vleiskosse
- Heerlike hoender
- Pasta en vleislose geregte
- Vinnige en ligte geregte
- Geurige groente
- Kraakvars slaaie
- Warm en koue poedings
- Soet en soutterte
- Bobaaskoeke
- Keurige gebak
- Soetigheid en drankies
- Soutigheid en peuselgoed
- Allerhande souse
- Register
As kosredakteur is Carmen Niehaus in beheer van die Huisgenoot / YOU-toetskombuis. In 1992 het sy die Eierraad se Galliova-toekenning as die beste tydskrifkosskrywer ontvang.

Huisgenoot wenresepte 6 - Deur Carmen Niehaus
- Meer as 400 splinternuwe Wenresepte,
- elkeen deeglike getoets
- elke respep stap vir stap beskryf
- Hier is treffers vir elke geleentheid, sak en smaak
- Vinnig en ekonomies
- Smullekker kuierkos
- Vakansiekos
- Teetydwenners
- Spoggeregte vir spesiale etes...en nog meer
- 100 spyskaartidees vir maaltydbeplanning sonder sukkel
Ook verkrygbaar as YOU let’s Cook 3
Inhoud :
- Voorwoord
- Wees ‘n uithalergasvrou
- Onthaal met styl
- Keur vir Kersfees
- Kuieretes
- Hou ‘n braai
- Buitelug- en vakansiekos
- Huiskos
- Lig en lekker
- Gereed in ‘n kits
- Drankies en happies
- Tyd vir tee
- Soetgoed uit die mikrogolf
- Register
‘n Gebrek aan tyd en inspirasie het dikwels oorbekende, eentonige maaltye tot gevolg. Deur net ‘n ander bykos te kies, of ‘n nagereg wat die voorafgaande komplimenteer, word die doodgewone bord kos egter sommer interessant. Met die oog hierop het Carmen Niehaus en haar twee assistente van die Huisgenoot / YOU / DRUM - tuiskombuis hierdie wenresepte spesiaal saamgestel om te help met spyskaarbeplanning - vir elke dag en vir onthaaltye. Om keuses te vergemaklik, is die resepte ingedeel volgens geleenthede, en tientalle spyskaartidees verseker die beste en lekkerste smaakkombinasies. ‘n Wonderlike hulpmiddel vir elke kok!




Huisgenoot Wenresepte 7 - deur Carmen Niehaus
Sedert diee heel eerste Huisgenoot-kookboek in 1981 is Wenresepte onlosmaaklik deel van die Suid-Airikaanse koskultuur. Daar is nou reeds meer as 1,6 miljoen Huisgenoot l YOU -resepteboeke verkoop - almal met beproefde Iesers gunstelinge uit die tydskrif se Kaapse toetskombuis.
Wenresepte 7 is Carmen se tiende kookboek en ekstra spesiaal. Dit bevat die heel beste geregte wat aan Huisgenoot se kosspan voorgesit is tydens Iandwye reise die afgelope jare. Resepte wissel van tradisioneel tot splinternuut, met smake en geure van oraloor. Treffende kosfoto’s - afgewissel deur kykies na verskillende landstreke - help om hierdie Wenresepte besonders te maak: een wat slegs vir kook bedoel is nie, maar ook om met die deurblaai sommer net te geniet! Verkryaar in Engels as YOU Let’s Cook 4.
Carmen Niehaus is sedert 1989 kosredakteur en in beheer van die Huisgenoot/YOCJ-toetskombuis. In 1992 het sy die Eierraad se Galliovatoekenning as beste tydskrifkosskrywer ontvang en in Augustus 2000 ‘n eretoekenning vir uitnemende Suid-Afrikaanse kookkuns van L’lnstitut Culinaire. Hierdie is die tiende Huisgenoot-resepteboek wat deur haar saamgestel is; die ander titels is Huisgenoot se Wenresepte 4, 5 en 6,7,8 en Huisgenoot se Gewildste Wenresepte, Huisgenoot-Treffers, Huisgenoot Randrekkers, Huisgenoot se Brood, Beskuit en Muffins, Huisgenoot Wenresepte 2000 en Huisgenoot-Potjiekoswenners.
inhoud
- Kuier-kuier deur die land
- ‘n Tikkie Kaap
- Weskus toe!
- Ult Leipoldt se kontrei
- Kalahari-kuier
- Namibiese keur
- Bolandse bederf
- Oorlaai met gasvryheid
- Hou stil vir ete
- Vallel van olifante, sitrus en rose
- Kannaland vier fees
- Egte Karoo-hartlikheid
- Kos uit die bos
- Register
Wenresepte 7 beslaan 240p en is in 2001 uitgegee

Huisgenoot Wenresepte 8 - deur Carmen Niehaus
Huisgenoot Wenresepte 8 is ’n pragboek propvol praktiese, werkbare inspirasie vir elke dag.
• Die nuutste boek in dié topverkoper reeks met 256 bladsye • Foto’s deurgaans in volle kleur • Meer as 400 resepte • Elke resep is deeglik beproef en feitlik onfeilbaar • Met praktiese wenke wat werk Sagteband



Huisgenoot Top 500 Wenresepte saamgestel deur Carmen Niehaus
Meer as 500 resepte gekies uit Wenresepte 1-7 en Wenresepte 2000
- Volkleur foto’s deurgaans
- Deeglik beproefde resepte
- kook- en koswenke wat werk.
Die immergewilde Huisgenoot Wenresepte-reeks is onlosmaaklik deel van die Suid-Afrikaanse kosavontuur — kookboeke wat hulle plek volstaan. Nou het alle Wenresepte-aanhangers die kans om hulle uit te leef met ‘n versameling van die Top 500 Wenresepte. Elke resep is getoets deur die bekwame Huisgenoot-kosspan en dra hul stempel van flatervrye kook- en bakgenot. Ook is daar ‘n versameling pragfoto’s wat saam met die kontemporêre uitleg sorg dat Huisgenoot Top 500 Wenresepte n noodsaaklikheid sal wees in elke kombuis.
Inhoud
- Sop
- Brood, beskuit en vinnige baksels
- Slaai en slaaisous
- Vis en seekos
- Vleisgeregte
- Hoender
- Pastei en maalvleis
- Groente en bykos
- Pasta
- Pizza
- Soutterte
- Gebakte poedings
- Koue poedings
- Soet terte
- Koeke
- Skons en muffins
- Koekies en soetigheid
- Register

Huisgenoot wenresepte op die kortpadmanier deur Carmen Niehaus



Huisgenoot gewildste wenresepte Carmen Niehaus - bygestaan deur Lizbé Botha
In Huisgenoot se Gewildste Wenresepte is 300 van die allerlekkerste Suid-Afrikaanse resepte byeengebring, elkeen met die “Getoets deur Huisgenoot”-stempel wat verseker dat dit wérk. Familiegunstelinge, kitsgeregte, interessante disse vir spesiale geleenthede. . die heerlike verskeidenheid maklik-om-te-maak-resepte maak van hierdie boek ‘n wenner wat in elke kombuis tuishoort.
Verkrygbaar in Engels as YOU Super Winning Recipes.
Inhoud:
- Sop en voorgeregte
- Kraakvars slaaie en slaaisouse
- Vis en seekos
- Vleis op sy beste
- Geurige groente
- Kits en klaar
- Pasta, rys- en vleislose geregte
- Warm en koue poedings
- Bobaaskoeke
- Soet-en soutterte
- Keurige gebak
- Soutigheid en peuselgoed
- Soetigheid en drankies


Huisgenoot Die omnibus van Wenresepte 1 en Wenresepte 2 Saamgestel deur Annette Human
‘n Dubbele dosis Wenresepte-lekkerte! Deur die jare was daar van oraloor versoeke om Annette Human se Wenresepte te herdruk. En nou pronk haar twee mees bekende en geliefde kookboeke uiteindelik in een band!
Hierdie lywige omnibus bevat Huisgenoot se Wenresepte 1 en Huisgenoot se Wenresepte 2 in hul oorspronklike vorm, net soos hulle destyds uitgegee is. Die versameling bestaan uit meer as 600 eg Afrikaanse trefferresepte, elkeen deur Annette self beproef in Huisgenoot se Kaapse toetskombuis. Talle kleurryke kosfoto’s - die meeste van hulle deur Annette gestileer - dra daartoe by om van hierdie unieke kookboek ‘n immergroen gunsteling te maak.
Inhoud Werd om te weet 11 Wat kook ek vandag? 17 Ontbytgeregte 23 Brood, beskuit, bolletjies, vetkoek en skons 33 Sop 43 Visgeregte 49 Slaai en slaaisous 59 Groentegeregte 69 Vleislose hoofgeregte en pasta 79 Hoofgeregte, terte, pasteie en pizzas van maal- of blikkiesvleis 97 Bees-, skaap- en varkvleishoofgeregte 117 Hoendergeregte 139 Warm poedings 151 Koue poedings 167 Soet terte 175 Groot koeke, koelkaskoeke en vrugtebroodjies 187 Klein koekies, koelkaskoekies en soet skywe 205 Southappies en peuselkos 221 Indeks 229
Inhoud 9 Ons daaglikse brood …en beskuit 21 Ontbyt met aptyt Van Kontinentale croissants tot kaaspoffertjies 33 ‘n Pot vol sop en ‘n vurk vol voorgereg 41 Lig en lekker Ligte etes, souttert, pizza, pasta en peuselgoed 65 Laat waai met slaai Mengelslaai, oorstaanslaai, vormslaai en slaaisous 77 Groente sonder ‘n gedoente Gekook, gestoof, gebraai en gebak 87 Van vis ‘n koningsdis Vars en blikkiesvis 99 Vleis, ons lekkerste spys Rooivleisstukke, maalvleis en hoendervleis 129 Wat is daar vir poeding? Warm en koue poedings en poedingsouse 151 Tert is die moeite werd Uit die koelkas en die oond 171 ‘n Fees van groot koeke Alle soorte vir alle smake 195 Klein koekies en soetgoedjies Van skurwejantjies tot Tan Smuts-koekies 217 Dranke vir die dorstiges Outydse strope en biere 223 O wee, wat skort hiermee? Wat verkeerd loop en hoe om dit te voorkom 227 Wat is…?Hoeveel is…? Allerhande informasie wat jy gedurig nodig kry 233 Register
Voorwoord
Hierdie boek is as ’t ware deur die Huisgenoot-lesers en –leseresse self geskryf, want sonder die duisende der duisende resepte wat ons oor die hele land en selfs uit die buiteland van ons lesers ontvang het, sou jy nie nou Huisgenoot se wenresepte in jou hand gehad en hier gelees het nie. Baie dankie vir julle geesdriftige samewerking met die jare/in die loop van die jare. Ek het die resepte gehaal uit die kosrubrieke Wat kook ek vandag?, Gunsteling-resepte en Wenresepte, asook uit die weeklikse kosartikels. Dit was louter plesier om weer met die resepte te werk, maar nie so maklik om te besluit watter die lekkerste van die lekkeres is nie. Kon ons maar ’n boek uitgee waarin almal se resepte verskyn! Ons boek het ontstaan danksy Niel Hammann en Koos Human (geen familie van my nie). Ook ’n woordjie van dank aan June Botha, wat vir ons al die kleurfoto’s in die hande gekry het. Mag Huisgenoot se wenresepte ’n ware huis- en kombuis-genoot in jou huis wees!
Annette Human Vroueredaktrise Maart 1981



Lees ook Erina Bezuidenhout se kosboeke

Lees ook van Joey Mostert se kookboeke




Huisgenoot mikrogolfwenners - deur Annette Human Eerste uitgawe was in 1988
Mikrogolf-wenners is ‘n onontbeerlike toevoeging by Annette Human en Huisgenoot se trefferboeke Wenresepte1, Wenresepte 2 en Wenresepte 3 met hul beproefde resepte vir gewoon lekker kos. In mikrogolf-wenners het sy 300 van haar gunsteling resepte vir die mikrogolfoond verwerk en getoets. Die resultaat is ‘n verskeidenheid van smulgeregte van maklik bekombare bestandele wat elke huisvrou in haar koskas het.
Die boek is ook in Engels verkrygbaar onder die titel Microwave winners.
Inhoud:
- Lekker ligte etes
- Smaaklike sop
- Alle soorte slaaie
- Groente vol geur
- Vis vir Afrika
- Onfeilbare vleisgeregte
- Souse : soet en sout
- Warm en koue poedings
- Brood en beskuit
- Terte te kus en te keur
- ‘n Keur van koeke
- Kry ‘n klein koekie
- Southappies met sukses
- Die allerlekkerste lekkers
- Konfyt en blatjang
- Register



Huisgenoot mikrogolfwenners 2 - deur Annette Human Eerste uitgawe was in 1992
Inhoud:
- Voorwoord
- Baie belangrik!
- Gawe groentegeregte
- Smaaklike slaaie
- Vullende visgeregte
- Van hoendervleis tot maalvleis
- ‘n Pluimpie vir die poeding
- Spoggerige groot koeke
- Keurige klein koekies
- Terte vir teetyd en koffietyd
- Register
Mikrogolfwenners is gebore en getoë in Annette Human se knus Victoriaanse huis skuins teen Tafelberg in Oranjezicht, Kaapstad. Mikrogolfwenners 2 se geboorteplek lyk totaal anders. Annette het haar Kaapse kombuis verruil vir ‘n regte plaaskombuis in die Bosveld - naby Warmbad in die ou Transvaal



Huisgenoot-Potjiekos deur Marlene Hammann 80 resepte - almal getoets
Die boek waarop alle potjiekos-Iiefhebbers reeds lank wag: ‘n Keur uit die honderde resepte wat Huisgenoot vir sy groot potjiekos wedstryd uit alle uithoeke van die land ontvang het.
Elk van die tagtig smullekker potjiekosresepte is spesiaal uitgesoek en deeglik getoets. Die boek, met volkleur-foto’s en aantreklike lyntekeninge deur Louwra Marais, is ook propvol nuttige wenke en ander inligting oor hierdie gesellige kuierkos.
Boek is in 1987 eerste keer gedruk met ‘n tweede druk in 1988. 80p. Human & Rousseau
Inhoud
- Voorwoord
- Hoe potjiekos gemaak word
- Wynwenke van Culemborg
- Pluimveepotjies
- Vleispotjies
- Seekospotjies
- Soppotjies
- Vegetariese potjie
- Bykos
- Nagereg
- Register

Huisgenoot Microwave winners 2 A cookbook by Anette Human - 1992
Microwave winners 2 follows on Annette Human’s best seller, Microwave winners, which was published in I 988 In Microwave winners, of which about 200 000 copies have been sold, Annette proved that food from the microwave oven can be just as delicious as that cooked on a conventional stove. For Microwave winners 2 she selected a wide variety of her proven recipes for the conventional stove, adapted them for the microwave oven and tested them thoroughly.
Annette Human has become an institution on the local food scene. She made her name as editor of the popular columns - Wenresepte - in Huisgenoot and - Let’s cook - in You, as compiler of the first three Winning recipes collections, as author of :
- Kitchen gifts,
- Microwave winners,
- Gifts and goodies for fetes and ‘ Fairs,
- Choice recipes
and as co-author of :
Parties are fun, as well as presenter and’ author of the TV Home Kitchen series. For these contributions to the South African cuisine she has been awarded an honorary Cordon Bleu. Annette is maried to Chris Wagner, a farmer in the Warmbaths district, Transvaal.
This book is also available in Afrikaans as Mikrogolfwenners 2.

Lees ook Erina Bezuidenhout se kookboeke soos :

Lees ook van Joey Mostert se kookboeke



|